Gereelde vrae oor die S-reeks:
Vraag: Hoekom begin al jou boeke met ’n S?
Antwoord: Ek sukkel baie om titels vir my boeke te kry. Ek kan egter nie begin skryf sonder dat ek ’n titel het nie. Na ‘n groot gewroeg om Skoenlapper, my eerste boek, se titel vas te pen, het ek van my vriende bymekaar geroep, vir hulle die HAT gegee, en gevra om boektitels onder ‘S’ te soek. Ek gebruik hierdie lys nog steeds.
V: Moet ek al die boeke in volgorde lees?
A: Elke boek staan op sy eie, met sy eie moordstorie, maar as jy die karakters se ontwikkeling wil volg, lees dan die boeke in die hierdie volgorde: Skoenlapper, Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig.
V: Wat maak ek as ek nie van ouer boeke in die reeks in die hande kan kry nie?
A: Bestel dit by jou boekwinkel of aanlyn. Al die boeke is steeds in druk. Indien jy sukkel, kontak my gerus.
V: Wie is jou gunsteling karakter?
A: Ek hou van al die S-boek karakters, maar ek vermoed ek het ’n besondere sagte plekke vir Adriana en Alex.

Algemene vrae aan Irma:
Vraag (V):
Is Skoenlapper die eerste boek wat jy geskryf het? Antwoord (A): Nee. Ek het omtrent sewe manuskripte voor Skoenlapper voltooi, maar niemand wou hulle publiseer nie. Maar skryf laat nie los as dit jou eers beetgepak het nie, en ek wou aanhou probeer tot ek dit regkry. Dis ’n kwessie van skryf of saamleef met al hierdie woorde en mal karakters in jou kop. Skryf is makliker. V: Wou jy nog altyd skryf? Misdaadfiksie skryf? A: Ja. Ek het reeds op 17 besluit dat ek eendag ’n boek wil skryf. Ek het nog altyd van die misdaadgenre gehou, want ek is mal oor raaisels – oor hoe hulle aanmekaar gesit en ontrafel word. Spanningsverhale gee mens ook die kans om in die menslike psige rond te krap, uitsonderlike karakters en situasies te skep en hierdie karakters dan tot die uiterste te dryf om te kyk hoe hulle reageer. Mens gooi so half uitsonderlike, anderste mense – en ek is lief om buitestaanders te gebruik – almal saam in ’n drukkoker en kyk wat gebeur. Wie eerste uitklim. Hoe hulle dit regkry. |
V: Wat lees jy?
A: Ek hou van uiteenlopende genres. As dit by moord kom is Karin Slaughter, Lee Child, Sue Grafton en Sara Paretsky baie goed. Andersins hou ek van Carol Ann Duffy se werk, asook Loftus Marais, Danie Marais, Alexandra Fuller, Breyten Breytenbach en Jeanette Winterson. Don’t Let’s Go To The Dogs Tonight en Die Klein Prinsie is my gunstelingboeke. V: Wanneer skryf jy? Hoe skryf jy? A: Ek skryf orals. Op lughawens, vliegtuie, treine en in koffiewinkels. Ek probeer elke weeksdag so 500 tot 1 000 woorde ’n dag skryf. Naweke rus ek gewoonlik. Ek is verslaaf aan nuus, maar probeer om op Sondae alle koerante en nuus webtuistes te vermy. V: Jy is baie lief vir labradors. Het jy enige honde? A: Ja, ek het twee labradors, vernoem na boekkarakters, Pippie en Saartjie. |