IRMA VENTER
  • TUIS | HOME
  • AFRIKAANS
    • NUWE BOEKE
    • BOEKE
    • BIOGRAFIE
    • VRAE
    • KONTAK
  • ENGLISH
    • NEW BOOKS
    • BOOKS
    • BIOGRAPHY
    • CONTACT

NUUS

RESENSIES EN VELE MEER

SONDAG - ONDERHOUDE EN RESENSIES:


Resensie: Rapport
Resensie: Burger, Beeld en Volksblad
Onderhoud: Huisgenoot
Onderhoud: Bibi se Boekrak
Onderhoud: Vrouekeur
Resensie: Vrouekeur

Sondag is by Uppercase Books, Graffiti Boeke en die Aardklop Kunstefees bekendgestel.

Aardklop 2018 gesprek met Deborah Steinmair oor Sondag
Graffiti Boeke bekendstelling Oktober 2018
Uppercase Boekbekendstelling Sondag Oktober 2018

Oor Sirkus

Skrywer-mesgooier pak gewigtige temas | Netwerk24

www.netwerk24.com
​

As Deon Meyer en Mike Nicol wêreldwyd gelees en geniet kan word, hoekom nie Irma Venter nie? skryf Jonathan Amid.​
​


Picture
​By Sirkus se bekendstelling by die 2017 Woordfees, op Stellenbosch, het ek 'n onverwagse gas gehad: My uitstekende matriek Afrikaanse onderwyser, Marieta Kruger, al die pad van Durban. Wat 'n aangename verrassing!

Sirkus deur Irma Venter: ’n onderhoud | LitNet

​www.litnet.co.za
​

Sirkus Irma Venter Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798174411. Skrywers oor hul nuwe boeke: Irma Venter gesels met Naomi Meyer oor Sirkus. Hallo Irma, geluk met ...
​


Picture
​Sirkus is in April by Grafitti Boeke Menlyn Maine bekend gestel. Ek het met Schalk Scoombie gesels. Dankie aan Sonja en John vir hulle gasvryheid.

’n Mesgooier en ’n boef sorg vir ’n aksiebelaaide verhaal ...

​www.sarie.com
​

Ek is verslaaf aan Venter se aweregse karakters waarom haar spanningsverhale draai.


Wat resensente oor Skarlaken ​sê:

Irma Venter se nuutste boek, Skarlaken, is spanningslektuur van die boonste rak – die soort waarvan álmal, selfs jou bedonnerde skoonpa of nukkerige tienerniggie gaan hou.
~ Helen Schöer, Beeld, Volksblad, Die Burger
Een deel van die sukses van hierdie romans is die voortreflike manier waarop Venter vertel – met afwisselende perspektiewe uit die oogpunt van verskillende karakters.
~  Willie Burger, Vrouekeur
Die finale is naelbyt-spannend en die ontknoping verrassend. Dit is ‘n boeiende, onneersitbare boek vol eksentrieke karkters, interessante feite en wisselende landskappe.
~ Deborah Steinmair, Rapport
​Venter is ’n meester wat jou die heeltyd aan die raai hou en laat wonder wie die skuldige is. Daar is niks voorspelbaar aan hoe sy die gebeure laat ontvou nie. Deon Meyer sê op die omslag van die boek: “Skarlaken bewys net weer: Irma Venter is wêreldklas.” Al wat ek kan sê, is amen, Deon, amen.
~ Phyllis Green, Sarie.com

Onderhoud in By met Marida Fitzpatrick.
Picture
Oor Skarlaken se sukses sê Venter:
“ ’n Boek is ‘n duur item, en dan vra ‘n skrywer nog dat mense tyd maak om die dêm ding te lees. So ek is baie bly oor elke liewe mens wat een van my boeke koop.  Elke liewe leser is vir my belangrik.”


Skarlaken bekendstelling by Exclusive Books in Brooklyn Mall, 1 Oktober 2015.  Baie dankie aan Marlize en haar span vir hulle gasvryheid, Marida wat die gesprek gelei het, Annetjie van Bookslive wat die gesprek getweet het, en aan almal wat daar was.
Picture
Picture
Picture
Picture

Skarlaken is op 17 September 2015 bekend gestel. Dankie aan Graffiti Boeke (Sonja en John), Ilse Salzwedel wat die gesprek gelei het en almal wat daar was.
Picture
Picture
Picture
Picture

Baie dankie aan almal wat Sondebok se bekendstelling bygewoon het by Graffiti Boeke Lynnwoodbridge, 25 September 2014.
Picture
Eben Pienaar van NB Uitgewers en Sonja Janse van Rensburg van Graffiti Boeke.
Picture
In gesprek met Ilze Salzwedel, bekende skrywer en aanbieder van Skrywers en Boeke op RSG.
Picture
My drie proeflesers - Anneke, Marisca en Esta.
Picture
Dankie aan almal wat die aand bygewoon het.

Picture
ONDERHOUD MET PHYLLIS GREEN, BOEKEREDAKTEUR VAN SARIE.

(Vir die volledige onderhoud, gaan na
http://www.sarie.com/lewe-liefdes/boeke/irma-venter-praat-oor-haar-tawwe-koekie-en-waarheidsoeker/#/  )

Irma Venter praat oor haar ‘tawwe koekie en waarheidsoeker’
deur Phyllis Green

Die een is ’n ‘tawwe koekie’ en die ander een ’n ‘waarheidsoeker’. Die twee hoofkarakters in Irma Venter se spanningsverhale lok jou om te lees.

In haar debuut, Skoenlapper (Human & Roussouw) leer ken ons vir Ranna Abramson as ’n geheimsinnige, tawwe vryskutfotograaf wat vlug van haar verlede. Sy kom hardgebak voor, maar eintlik is daar tog ’n empatiese hart in haar lang, lenige lyf. Alex Dercksen is ’n vryskutjoernalis, ook met ’n minder rooskleurige verlede, wat op Ranna verlief raak. Hy wil altyd die waarheid ontbloot in die stories wat hy skryf en daarom bevraagteken hy alles en almal. Vertroue is maar ’n moeilike kwessie vir hierdie twee mense. Daar in Dar es Salaam ontvou ’n boeiende storie van ’n reeks moorde, onwaarskynlike liefde en allerlei ander intriges. Jy ontmoet langs die pad ’n handvol ander karakters, Sarah Fourie, kuberkraker par excellence, en die polisieman Hamisi Hambane.

In boek twee, Skrapnel, is Alex se verdwyning die spilpunt waarom die verhaal draai. Hy verdwyn, terwyl hy stories oor ’n mynsindikaat doen. Sarah moet teen wil en dank vir Ranna opspoor waar sy in Indië wegkruip, om haar te kom help om Alex te red. Met die hulp van ’n vervalste paspoort deur Sarah se tante, Adriana, reis Ranna wel terug na Suid-Afrika waar sy sekere gebeure uit haar verlede moet konfronteer. So word nog ’n paar van Ranna se geheime stukkie vir stukkie onthul.

In die derde boek, Sondebok, lei Adriana die verhaal grotendeels. Sy vra Alex en Ranna om ondersoek in te stel na die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming. Hulle krap ’n netwerk van onheilighede oop, natuurlik met allerlei kinkels wat sorg vir lekker genuanseerde karakters en gebeure.

Venter het ’n boeiende manier van storie vertel. Nes jy dink jy het die storie uitgepluis, gee sy vir jou ’n nuwe kinkel om oor te wonder. Haar karakters is geloofwaardige mense en die omgewings waarin die verhale afspeel, word vindingryk met net ’n paar woorde beskryf. Die verhale speel teen ’n vinnige pas af. Elke boek het ’n sterk sentrale storielyn wat gerugsteun word deur ’n klompie sekondêre storielyne waarin Venter aktuele kwessies van die tyd aanraak en op ’n fyn manier meesterlike sosiale kommentaar lewer.

Hierdie skrywer laat my lees en hou my aandag met fassinerende, kleurvolle karakters. In elke verhaal laat skemer die karakters (wat reeds van boek een af kom) so bietjie meer deur oor wie en wat hulle is, maar net genoeg om jou steeds aan die raai te hou. Almal se verbintenis met Ranna hou hulle op die voorgrond. Ek hoop van harte dat daar nog vele boeke uit Venter se pen sal verskyn. Ek wil weet wat met al hierdie mense gebeur. En sy moet tog uiteindelik vir Ranna geregtigheid soek . . . of nie?!


SONDEBOK  LOKPRENT

SKOENLAPPER WEN ATKV WOORDVEERTJIE VIR SPANNINGSLEKTUUR!
Picture
Die jaarlikse ATKV Woordveertjies is op 13 September 2013 aangekondig, en Skoenlapper is aangewys as die beste spanningsverhaal. Groot dank aan die ATKV!

Van bookslive.co.za:
'Die kategorie Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Marlize de Jongh en Linda Zöllner met die wenner:
Skoenlapper – Irma Venter (Human & Rousseau)
Venter voldoen aan al die vereistes van ’n spanningsverhaal. Die taalgebruik is deurlopend uitstekend en die storie van begin tot einde boeiend.'


SKRYWERS EN BOEKE ONDERHOUD
MET ILSE SALZWEDEL OP RSG OOR SKRAPNEL


COPYRIGHT IRMA VENTER © 2022
WEBSITE BY TILT INTERACTIVE
  • TUIS | HOME
  • AFRIKAANS
    • NUWE BOEKE
    • BOEKE
    • BIOGRAFIE
    • VRAE
    • KONTAK
  • ENGLISH
    • NEW BOOKS
    • BOOKS
    • BIOGRAPHY
    • CONTACT